Michaela 13de Verjaarsdag

From Vicky on 9th September 2016 Michaela 13de Verjaarsdag

10 September is dit jou verjaarsdag my mooi Meisie. Ons wil net vir jou en vir die Liewe Here BAIE BAIE BAIE BAIE DANKIE se vir die voorreg om jou te kan ken en jou pragtigge naam op ons lippe te mag he. Baie dankie vir 13 jaar wat ons jou mag ken en mag liefhe. Elke dag saam jou was n voorreg my kind. Die dag toe jy gebore is het ek jou soos n pop op die bed voor my neergesit teen n kussing, ek het jou net bewonder, ek was so dankbaar vir die pragtigge pragtigge geskenk wat Die Here vir my gegee het. Ek het jou net bewonder en bekyk. Die eerste keer toe Morne jou ouboet jou sien het hy gehuil, hy kon nie glo jy was so klein nie en hy wou net weet hoe gaan jy geloop kry met sulke klein voete ? Corne was te bang om aan jou te vat, jy was te klein. Jou lewekie hier was nie maklik nie my kind en teleurstelling het jy geken van n baie jong ouderdom, maar . . . . jy het elke dag en situasie gevat en dit joune gemaak, jy het met liefde jou stempel op elke dag afgedruk en elke dag het jy n mooi dag gemaak. Maak nie saak hoe hartseer of teleurgestel of moeg jou mensies was nie, met n laggie of n soeinkie of mooi woordjie kon jy die hele situasie omdraai, en jy het my kind, jy is so spesiaal. Die liefde en spesiaal wat jy ons gegee het sal ons vir die res van ons lewens warm en veilig hou my kind. Dankie pragtigge sonksyn blomme mens, dankie vir 13 jaar van Mckaylie, dankie dat jy by ons was, dankie vir alles wat jy ons geleer het, dankie dat jy ons onvoorwaardelik lief gehad het veral wanneer ons ons self nie kon liefhe nie. Dankie my kind, dankie my Kayla. Happy Birthday Sweetest Sweetheart x x x x

Download