Gediggie vir Sussie deur Hannes Nolan

Created by Vicky 9 years ago
Hierdie vir Vicky Hefer geskryf Alleen sit ek buite en verlang Na my mooie meisiekind Saggies val die winter reen Saggies huil ek saam die wind Ek mis haar mooi blonde hare Haar wange so rooi en so sag Daai blou sagmoedige ogies En daai pragtige somer glimlag Want sy was ons blomme meisiekind Soos n nagtegaal het sy gesing En oral waar sy gegaan het Het sy vrede en liefde gebring Oor andere het sy haar altyd ontferm Haar hartjie so sag en so teer En as iemand ooit seergekry het Dan was haar kleine hartjie ook seer Klein kindertjies het sy help versorg En onder haar vlerkie geneem Maar nou is ons kleine “Sweetface” weg Ons lewens so leeg en so leem Jy sit in die hemel by God se voet En sien hoe ons oor jou treur En eendag as ons ook Hemel toe kom Dan sien ons ons “Sweetface” weer DEUR HANNES NOLAN