WIE DIE BLOMME GEE

2014 April 16

Created by Vicky 10 years ago
Jy is n blomme mensie my liefding, ek verlang so na jou blomme oral in die huis, ek mis jou blare en jou klein handjies wat dit heeldag loop en rangskik en pluk. Mama verlang jou Angely, sonder jou het die rose geen kleur nie, sonder jou het die lewe geen kleur nie ...... WIE DIE BLOMME GEE Aan die hand wat die rose gee, kleef daar altyd n rosegeur. Ons het die blomme-mense so nodig. Hulle dra hulle geur van welwillendheid en belanstelling en eenvoudige liefde met hulle saam, oral - in paleis of pondok. Net soos die een wat met modder gooi die goeie kans staan om self n spatsel of meer na te hou, net so seker behou die gewer van blomme die soetheid van geur, die lieflikheid. Die gewers wag ook nie net vir groot geleenthede om duur ruikers te bring, of te laat stuur nie. O nee, vir hulle is elke dag n blomme-dag. Hulle ontwikkel n kennersoog vir die kleinste behoefte aan blomme. Dit is hulle wat sommer geleenthede skep - omdat hulle uitgevind het dat dit inderdaad saliger is om te gee as om te ontvang. Hulle het ook uitgevind dat die vreugde in die gee self le. Wat sal die lewe armer wees sonder die blomme mense wat sommer vir jou iets kleins aandra noudat jy kroes voel, wat van jou mooi dinge se voordat jy dood is .... Hulle tuin raak nooit leeg nie, want hoe meer hulle pluk, hoe weliger blom die bloeisels. My liefling kind, jou tuin was altyd vol, nooit het jy net een blom gepluk, jy het almal gepluk asof daar geen more was nie. Mamma se liefie kind, my ou duurbare mensie, jy is net so mooi soos die blomme wat jy gepluk het. In hierdie wrede wereld vol hartseer en nie omgee is jy nou veilig in my harkie my skat. Jy is terug in die hemel waar jy vandaan gekom het, en mama het jou leer ken en ek weet nou iemand baie baie baie spesiaal wag vir my ook in die hemel, Michaela. Mami is so baie lief vir jou my blomme kind.